vanself [boodskap #143885] |
Sat, 18 November 2023 19:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vanself
Afbreking: van•self
Samestelling: van + self
Bywoord: vanself
Betekenis:
• Sonder hulp of invloed van buite.
Gebruik:
• Vanself bring die aarde die graan voort, eers 'n halm, dan 'n aar, dan die vol koringaar. [Markus 4:28]
Spreekwoord:
• Hou goeie moed, die slegte kom vanself. ['n Mens moet altyd hoopvol wees.]
Sinoniem:
• outomaties
• natuurlik
• ongedwonge
• spontaan
Afgelei:
• vanselfsprekend
Vertaling:
Engels: of itself, automatic
Nederlands: vanzelf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|