snywond [boodskap #143847] |
Wed, 15 November 2023 13:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
snywond
Afbreking: sny•wond
Samestelling: sny + wond
Selfstandige naamwoord: snywond
Meervoud: snywonde
Verkleinwoord: snywondjie
Meervoud van verkleining: snywondjies
Betekenis:
• 'n Wond wat deur die sny van 'n skerp voorwerp veroorsaak is.
Gebruik:
• Die dokter het die snywond ontsmet en met steke toegewerk.
Sinoniem:
• snyplek
Verwant:
• steekwond
Vertaling:
Engels: cut, incised wound
Nederlands: snijwond
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|