| siestog [boodskap #143835] |
Ma., 13 November 2023 18:11 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
siestog
Afbreking: sies•tog
Samestelling: sies + tog
Tussenwerpsel: siestog
Betekenis:
• Uitroep van jammerte, simpatie of medelye.
• Uitroep van spot of geveinsde medelye.
Gebruik:
• Siestog, die mense kry regtig swaar!
• Ag siestog! Hardloop, voor die pad vol dorinkies word.
Sinoniem:
• foeitog
Vertaling:
Engels: shame, poor thing, what a pity
Nederlands: jammer
Nota:
• Kan ook los (as twee woorde) geskryf word: "sies tog!"
• In geselstaal, ook "siestoggie", "siestoggies", "sjym" of "sjympies".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|