haarstyl [boodskap #143833] |
Mon, 13 November 2023 16:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
haarstyl
Afbreking: haar•styl
Samestelling: haar + styl
Selfstandige naamwoord: haarstyl
Meervoud: haarstyle
Verkleinwoord: haarstyltjie
Meervoud van verkleining: haarstyltjies
Betekenis:
• Die manier hoe iemand se hare gesny en opgemaak is.
Gebruik:
• Borselkop bly my gunsteling haarstyl.
Sinoniem:
• haarsnit
• kapsel
Hiponiem:
• afro
• bob
• bolla
• borselkop
• vlegsels
Vertaling:
Engels: hair style
Nederlands: haarstijl
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|