neersien [boodskap #143822] |
Mon, 13 November 2023 08:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
neersien
Afbreking: neer•sien
Samestelling: neer + sien
Werkwoord: sien neer, neersien
Verlede tyd: het neergesien
Betekenis:
• Om iemand te behandel asof hy minder belangrik is.
Gebruik:
• Daar is neergesien op kinders wat prakties begaafd, maar nie akademies so sterk is nie.
Sinoniem:
• afkyk
• geringskat
• minag
• neerkyk
• verag
Vertaling:
Engels: to look down on
Nederlands: neerzien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|