kunssinnig [boodskap #143820] |
Sun, 12 November 2023 20:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kunssinnig
Afbreking: kuns•sin•nig
Samestelling: kuns + sin + -nig
Byvoeglike naamwoord: kunssinnig
Vergrotende trap: kunssinniger
Oortreffende trap: kunssinnigste
Attributief: kunssinnige
Betekenis:
• Met 'n gevoel of aanleg vir kuns.
• Wat mooi is en op 'n kreatiewe manier gemaak is.
Gebruik:
• Sy hele familie is kunssinnig.
• Sy dra flambojante en kunssinnige klere.
Sinoniem:
• artistiek
• boheems
• esteties
• keurig
• kunsliewend
• kreatief
• sjiek
• smaakvol
• stylvol
Afgelei:
• kunssinnigheid
Vertaling:
Engels: artistic, art-loving
Nederlands: kunstzinnig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|