Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » magtiging
magtiging [boodskap #143798] Sun, 12 November 2023 08:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
magtiging
Afbreking: mag•ti•ging
Samestelling: magtig + -ing


Selfstandige naamwoord: magtiging
Meervoud: magtiginge, magtigings

Betekenis:
• Die mag/ reg om iets te doen.

Gebruik:
• Tydens die noodtoestand het die polisie magtiging gehad om huise te deursoek en individue sonder verhoor aan te hou.

Sinoniem:
• bekragtiging
• bevoegdheid
• lisensie
• mandaat
• permit
• sanksionering
• toestemming
• vergunning
• volmag

Hiponiem:
• owerheidsmagtiging

Afgelei:
• magtigingsbrief
• magtigingswet

Vertaling:
Engels: authorisation, permission
Nederlands: machtiging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hofstuk
Volgende onderwerp: deurlaatbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 03:11:38 UTC 2024