skeptikus [boodskap #143780] |
Sat, 11 November 2023 18:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skeptikus
Afbreking: skep•ti•kus
Selfstandige naamwoord: skeptikus
Meervoud: skeptici, skeptikusse
Betekenis:
• Iemand wat skepties is oor 'n saak. Persoon wat aan iets twyfel of aanvaarde oortuigings bevraagteken.
Gebruik:
• Ek is 'n skeptikus wanneer dit by astrologie kom, maar geniet dit om af en toe die horoskoop te lees.
Sinoniem:
• agnostikus
• sinikus
• twyfelaar
• twyfelmoedige
Vertaling:
Engels: skeptic
Nederlands: scepticus
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|