geregshof [boodskap #143776] |
Sat, 11 November 2023 10:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geregshof
Afbreking: ge•regs•hof
Samestelling: gereg + -s- + hof
Selfstandige naamwoord: geregshof
Meervoud: geregshowe
Betekenis:
• 'n Regsprekende orgaan wat uitspraak oor bepaalde sake lewer, of die saal/gebou waar so 'n sitting gehou word.
Gebruik:
• 'n Persoon word geag onskuldig te wees totdat hy/sy na behore deur 'n geregshof skuldig bevind is.
Afgelei:
• hooggeregshof
Vertaling:
Engels: law court, court of justice
Nederlands: gerechtshof
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|