diplomaat [boodskap #143773] |
Sat, 11 November 2023 09:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
diplomaat
Afbreking: di•plo•maat
Selfstandige naamwoord: diplomaat
Meervoud: diplomate
Verkleinwoord: diplomaatjie
Meervoud van verkleining: diplomaatjies
Betekenis:
• 'n Persoon wat 'n land in die buiteland verteenwoordig.
• Iemand wat taktvol en omsigtig te werk gaan.
Gebruik:
• 'n Diplomaat geniet diplomatieke immuniteit om te voorkom dat hy/sy in 'n vreemde lande vervolg word.
• Sy is 'n regte diplomaat.
Afgelei:
• diplomaatskind
Verwant:
• diplomasie
• diplomatiek
• diplomaties
Vertaling:
Engels: diplomat
Nederlands: diplomaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|