duie [boodskap #143772] |
Sa, 11 November 2023 08:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
duie
Afbreking: dui•e
Selfstandige naamwoord: duig
Meervoud: duie
Betekenis:
• Een van die geboë planke/sporte aan die kant van 'n houtvat wat met hoepels in plek gehou word.
Gebruik:
• Wanneer 'n vaatjie nie gebruik word nie en begin uitdroog, krimp die duie sodat die vat later inmekaar val.
Spreekwoord:
• Dit stort in duie. [Dit misluk; raak tot niet.]
Vertaling:
Engels: stave/ plank of a barrel; pieces
Nederlands: duigen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|