Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #17736] |
Mon, 21 September 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
s941...@my-dejanews.com writes:
Ek assosieer Afrikaans eerder met 'n diepgaande ideologiese
> lewens-uitkyk (al is dit besig om uit te sterf) en sal dit as sulks beskou,
> en daarvoor veg, solank as wat ek hierdie assosiasie nog kan trek.
> (Die ware nagmerrie vir ons Marxistiese en laf-liberaal maatjies).
> Etienne Marais
Leef maar voort in jou dwaling. Die
voortbestaan van Afrikaans is NIE in
die hande van diegene met 'n
"ideologiese lewens-uitkyk" nie,Selfs
die apartheidsvarke het dit verstaan:
daarom dat hulle vakke in Afrikaans in
swart skole wou indwing. Dis die mense
wat in die ou bedeling as apart gehou
moes word, wat sal determineer of die
taal verder in Suid-Afrika in die
komende dekades gebruik gaan word.
Wat het Oom Kallie daar gemaak?
|
|
|