Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIT was Gloudina se woode . .
DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17686] |
Sun, 20 September 1998 00:00 |
Doos[1]
Boodskappe: 143 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
net soveel as wat dit in
die ou SA dom en rassisties sou gewees
het vir nie-blankes om alles op die
blankes te blameer. (Hulle het dit
natuurlik nie gedoen nie.)
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17687 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Sun, 20 September 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hartseer" writes:
> wat is "hole" en hoe skop 'n mens "hole"
Dis die meervoud van "hool."
En 'n mens kan in 'n hool nes-skop.
Dis interessant dat daar in die Germaanse
tale somtyds die een somtyds die ander
wortelwoord verkies word. So verkies ons
in Afrikaans gewoonlik die woord "gat,"
waar Nederlands en Engels die woord
hool/hole verkies. Nou vir die woord
"boom" in Afrikaans het Engels die woord
"tree." Maar in die Engelse woord "beam"
sien ons nog die reste van die ou
Germaanse woord, wat boom in Afrikaans
en Nederlands is, en "baum" in Duits.
So met die Engelse woord "queen," het
Nederlands nog die woord "kween" vir
'n soort van 'n viswyf.
Gloudina
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17688 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Sun, 20 September 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hartseer" writes: >
net soveel as wat dit in
> die ou SA dom en rassisties sou gewees
> het vir nie-blankes om alles op die
> blankes te blameer. (Hulle het dit
> natuurlik nie gedoen nie.)
Nee, Paul, hulle het dit nie op die blankes
blameer nie. Nie op my, toe ek nog in SA was
en saam met hulle gewerk het nie. Nie op Joe
Slovo (wat wit was nie.) Nie op die wit
predikante wat opgestaan het en die waarheid
verkondig het nie (soos Beyers Naude wat onder
huisarres geplaas is.) Nie op Ruth First (wie
die apartheidsvarke met 'n bom opgeblaas het
nie.) Nie op Breyten Breytenbach nie. Nie op
Bram Fischer wat in die tronk in Pretoria aan
kanker moes sterf nie (hulle wou hom nie by
die huis laat sterf nie.) Wat hulle wel gedoen
het, is om te sê: genoeg is genoeg. As hierdie
klomp hier wil nesskop en driekwart van die
bevolking in hole stop, dan sal ons begin veg.
Che
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17689 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Sun, 20 September 1998 00:00 |
Doos[1]
Boodskappe: 143 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
wat is "hole" en hoe skop 'n mens "hole"
@igs.net wrote in article ...
> "Hartseer" writes: >
>
> net soveel as wat dit in
>> die ou SA dom en rassisties sou gewees
>> het vir nie-blankes om alles op die
>> blankes te blameer. (Hulle het dit
>> natuurlik nie gedoen nie.)
>
>
> Nee, Paul, hulle het dit nie op die blankes
> blameer nie. Nie op my, toe ek nog in SA was
> en saam met hulle gewerk het nie. Nie op Joe
> Slovo (wat wit was nie.) Nie op die wit
> predikante wat opgestaan het en die waarheid
> verkondig het nie (soos Beyers Naude wat onder
> huisarres geplaas is.) Nie op Ruth First (wie
> die apartheidsvarke met 'n bom opgeblaas het
> nie.) Nie op Breyten Breytenbach nie. Nie op
> Bram Fischer wat in die tronk in Pretoria aan
> kanker moes sterf nie (hulle wou hom nie by
> die huis laat sterf nie.) Wat hulle wel gedoen
> het, is om te sê: genoeg is genoeg. As hierdie
> klomp hier wil nesskop en driekwart van die
> bevolking in hole stop, dan sal ons begin veg.
>
> Che
>
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17690 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Sun, 20 September 1998 00:00 |
Doos[1]
Boodskappe: 143 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis nogal obvious dat hulle nie vir Joe Slovo of Beyers of Ruth First sou
blameer nie.. Maar wat van Jan Alleman. Wat van my wat tot vandag toe deur
die ouer garde kleinbaas/my witbaas genoem word. Wat van al daardie ander
wit mense wat BMWs ry en in paleise woon??
Ek wonder tog. . .
Elk geval, leef Ruth First nog? (dis nie sarkasme nie-dis 'n vraag-ek sal
graag wil weet)
@igs.net wrote in article ...
> "Hartseer" writes: >
>
> net soveel as wat dit in
>> die ou SA dom en rassisties sou gewees
>> het vir nie-blankes om alles op die
>> blankes te blameer. (Hulle het dit
>> natuurlik nie gedoen nie.)
>
>
> Nee, Paul, hulle het dit nie op die blankes
> blameer nie. Nie op my, toe ek nog in SA was
> en saam met hulle gewerk het nie. Nie op Joe
> Slovo (wat wit was nie.) Nie op die wit
> predikante wat opgestaan het en die waarheid
> verkondig het nie (soos Beyers Naude wat onder
> huisarres geplaas is.) Nie op Ruth First (wie
> die apartheidsvarke met 'n bom opgeblaas het
> nie.) Nie op Breyten Breytenbach nie. Nie op
> Bram Fischer wat in die tronk in Pretoria aan
> kanker moes sterf nie (hulle wou hom nie by
> die huis laat sterf nie.) Wat hulle wel gedoen
> het, is om te sê: genoeg is genoeg. As hierdie
> klomp hier wil nesskop en driekwart van die
> bevolking in hole stop, dan sal ons begin veg.
>
> Che
>
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17748 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Mon, 21 September 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Arthur Hagen" writes:
>> Dis die meervoud van "hool."
>> En 'n mens kan in 'n hool nes-skop.
>>
> Kijk, zo af en toe loop ik dus iets tegen het lijf dat ik totaal niet
> begrijp. Wat is een "hool" en wat is "nes-skop"?
Arthur, wanneer jy die Engelse woord
"hell-hole" vertaal, dan kom jy naby
aan die betekenis van "hool" (wat ook
in Engels as "dive" sal kan vertaal
word. Ek is verbaas dat julle dit nie
in Nederlans ken nie. As ek verklaar:
"Dis 'n hool," dan probeer ek aandui
dat dit 'n slegte plek is waar mens
liewer nie sou wou wees nie.
"Om nes te skop" beteken om jou gemaklik
op 'n plek te maak en daaraan te dink as
'n plek waar jy tuis voel. Dit kan natuurlik
ook pejoratief gebruik word, soos byvoorbeeld
om my (en Leendert en Johan en nog 'n paar
ander) te beskuldig dat ons op hierdie nuus-
groep wil nes-skop. (Ek pleit skuldig.) Dit
verwys natuurlik letterlik na 'n hen wat
besluit waar sy haar nes wil maak. Dan skop
sy nes.
> Een hol is een gat in de grond. Maar een gat kan ook in iets anders dan in
> de grond zitten en in een hol leeft/leefde één of ander beest. Volgens mij
> heeft het Duits (Thorsten.....?) ook maar één woord voor zowel "hol" als
> "gat": "loch". Hoe zit het dan in het Afrikaans?
Gewoonlik verkies ons om in Afrikaans te praat
van 'n "gat" waarin die dier woon. Ons het nie
die woord "log" as alternatief vir "gat" nie.
Dis interessant dat Duits die woord "loch"
gebruik. (Soos in Loch Lomond?)
>> So met die Engelse woord "queen," het
>> Nederlands nog die woord "kween" vir
>> 'n soort van 'n viswyf.
>
>
> Een knorrige oude vrouw. Een kween is ook de naam dieren die de kenmerken
> van beide geslachten bezitten (hermafrodiet). Ik had er nog nooit van
> gehoord, Gloudina; je bent goed geïnformeerd. Ik zie echter niet wat het met
> het Engelse "queen" gemeen heeft.
Dit het niks met "queen" in gemeen nie,
behalwe dat dit van dieselfde oerwoord
afkom. Vergelyk die Engelse woord "dame"
wat vir ligsinnige vroumense gebruik word
en pejoratief is. Maar in Ndl/Afr./Frans
is dit "lady."
> In een andere plasing hadden we het over het woord "leuk" en je vroeg je af
> waarom dit niet in het Afrikaans "overgeërft" was. Ik zit hier nu met een
> Nederlands-Frans woordenboek op mijn schoot en daar staat "leuk" niet in!!!!
> Het is een druk uit 1773, dus misschien wijst dit erop dat het woord "leuk"
> een recentere vondst is. In mijn nieuwere woordenboek staat het wel.
> Overigens stond de Franse vertaling voor "kween" wel in het oude
> woordenboek, maar niet meer in de nieuwe!
Wat jy hier sê, is BAIE interessant. Iemand
behoort 'n tesis oor die geskiedenis van die
woord "leuk" in Nederlands te skryf. Dit
verklaar hoekom Afrikaans nie "leuk" in het
nie - dit was nie in die woordeskat van die
mense in 1652 nie!
Taalargeologie is baie interessant. Dis byvoor-
beeld 'n bekende feit dat Akadiese Frans (Frans
wat in die 17de eeu na Kanada gekom het) baie
woordeskat besit wat nie meer in vandag se Frans
bestaan nie.
Gloudina
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17749 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Mon, 21 September 1998 00:00 |
A.A. Hagen
Boodskappe: 155 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net heeft geschreven...
> "Hartseer" writes:
>
>> wat is "hole" en hoe skop 'n mens "hole"
>
> Dis die meervoud van "hool."
> En 'n mens kan in 'n hool nes-skop.
>
Kijk, zo af en toe loop ik dus iets tegen het lijf dat ik totaal niet
begrijp. Wat is een "hool" en wat is "nes-skop"?
> Dis interessant dat daar in die Germaanse
> tale somtyds die een somtyds die ander
> wortelwoord verkies word. So verkies ons
> in Afrikaans gewoonlik die woord "gat,"
> waar Nederlands en Engels die woord
> hool/hole verkies.
Een hol is een gat in de grond. Maar een gat kan ook in iets anders dan in
de grond zitten en in een hol leeft/leefde één of ander beest. Volgens mij
heeft het Duits (Thorsten.....?) ook maar één woord voor zowel "hol" als
"gat": "loch". Hoe zit het dan in het Afrikaans?
> So met die Engelse woord "queen," het
> Nederlands nog die woord "kween" vir
> 'n soort van 'n viswyf.
Een knorrige oude vrouw. Een kween is ook de naam dieren die de kenmerken
van beide geslachten bezitten (hermafrodiet). Ik had er nog nooit van
gehoord, Gloudina; je bent goed geïnformeerd. Ik zie echter niet wat het met
het Engelse "queen" gemeen heeft.
In een andere plasing hadden we het over het woord "leuk" en je vroeg je af
waarom dit niet in het Afrikaans "overgeërft" was. Ik zit hier nu met een
Nederlands-Frans woordenboek op mijn schoot en daar staat "leuk" niet in!!!!
Het is een druk uit 1773, dus misschien wijst dit erop dat het woord "leuk"
een recentere vondst is. In mijn nieuwere woordenboek staat het wel.
Overigens stond de Franse vertaling voor "kween" wel in het oude
woordenboek, maar niet meer in de nieuwe!
Groeten,
Arthur
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17779 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Tue, 22 September 1998 00:00 |
Thorsten Müller
Boodskappe: 103 Geregistreer: July 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ha! Daar bly ek net vir 'n dag ver van hierdie NG, en iemand begin 'n
diskussie oor een van my liewelings-temas. :)
> Een hol is een gat in de grond. Maar een gat kan ook in iets anders dan in
> de grond zitten en in een hol leeft/leefde één of ander beest. Volgens mij
> heeft het Duits (Thorsten.....?) ook maar één woord voor zowel "hol" als
> "gat": "loch".
Ja, dit is korrek, in Duits gebruik ons net die woord "Loch". Ek vind dit ook
baie interessant hoe die betekenisse van sekere woorde in verskillende
Germaanse tale oor die tye verander het. 'n Heerlike voorbeeld is die woord
"liggaam". Duits gebruik hier die woord "Körper" van Lat. "corpus". Die
Germaanse wortel het maar ook oorleef - die duitse woord "Leichnam" beteken "lyk".
Mhd. "lichamen" ==> Nl. "liggaam", D. "Leichnam"
Lat. "corpus" ==> D. "Körper", Engl. "corpse"
Verbasend, nè? Die middelhoogduitse woord is nog sigbaar in sowel Nederlands,
Afrikaans en Duits, en terwyl die oorspronklike betekenis in Nederlands en
Afrikaans oorneem is gebruik die Duitse taal dit slegs vir 'n "dooie liggaam".
Die latynse wortel "corpus" word in Duits vir "liggaam" aangewend, in Engels
vir 'n lyk.
Terloops, dit is my standard-voorbeeld, ek hoop ek het dit in hierdie NG nog
nie vertel nie... :-)
Groete,
Thorsten
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17780 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Tue, 22 September 1998 00:00 |
Henri-John Kock
Boodskappe: 69 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
@igs.net wrote:
> Dit het niks met "queen" in gemeen nie,
> behalwe dat dit van dieselfde oerwoord
> afkom. Vergelyk die Engelse woord "dame"
> wat vir ligsinnige vroumense gebruik word
> en pejoratief is. Maar in Ndl/Afr./Frans
> is dit "lady."
Au Contraire ! Die engelse woord "dame" is 'n titel, gelykstaande aan 'n
ridderskap, oftewel die manlike "sir".(Dis moontlik dat ek die rang hier verkeerd
het, maar dis nie belangrik nie) Drie baie bekende "dames" is Judy Dench, Margot
Fonteyn en Kiri Te Kanawa.
Die amerikaanse weergawe is wel platter, maar dis defnitief nie pejoratief, soos
jy dit noem, nie. Dit is wel sg. "slang", maar is ook 'n argaise vorm, sover ek
weet is dit in die 60s laas gebruik.
--
My views do not necessarily represent those of Telkom Sa Ltd
(or any affiliates).
H-J
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17781 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Tue, 22 September 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Henri-John Kock
>
> @igs.net wrote:
>
>> Dit het niks met "queen" in gemeen nie,
>> behalwe dat dit van dieselfde oerwoord
>> afkom. Vergelyk die Engelse woord "dame"
>> wat vir ligsinnige vroumense gebruik word
>> en pejoratief is. Maar in Ndl/Afr./Frans
>> is dit "lady."
>
> Au Contraire ! Die engelse woord "dame" is 'n titel, gelykstaande aan 'n
> ridderskap, oftewel die manlike "sir".(Dis moontlik dat ek die rang hier verkeerd
> het, maar dis nie belangrik nie) Drie baie bekende "dames" is Judy Dench, Margot
> Fonteyn en Kiri Te Kanawa.
>
> Die amerikaanse weergawe is wel platter, maar dis defnitief nie pejoratief, soos
> jy dit noem, nie. Dit is wel sg. "slang", maar is ook 'n argaise vorm, sover ek
> weet is dit in die 60s laas gebruik.
Ja, dankie dat jy my hier oor die vingers tik.
Die woord "dame" in sy platter "slang" vorm is
egter nie net beperk tot "Amerikaans" nie. Ek
dink Engelse gebruik dit in 'n effens skalkse
betekenis net soveel of meer as Amerikaners.
Dis natuurlik merkwaardig hoe die aankoms van
die Normans onder William the Conqueror in
1066 die Engelse taal verander het, totdat
dit nou vir so baie woorde 'n Germaanse en
Latynse alternatief het (begin/commence.) Dit
verbaas my dus dat Thorsten verklaar dat
Engels minder woordeskat het as Afrikaans. Ek
dink hy bedoel maar net woordeskat wat nodig
is om die basiese taal aan te leer. En dit
beteken dat Engelse wat Latyns-gebaseerde
tale wil aanleer, dit soveel makliker het
omdat soveel woorde in Engels en Frans byvoor-
beeld omtrent dieselfde is. Kyk maar deur 'n
Franse woordeboek en sien hoeveel van die
woorde jy dadelik herken, omdat die Engelse
woord ook oorspronklik van Latyn via 1066-
Frans af kom.
Gloudina
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17782 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Tue, 22 September 1998 00:00 |
A.A. Hagen
Boodskappe: 155 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Henri-John Kock heeft geschreven...
>
> @igs.net wrote:
>
>> Dit het niks met "queen" in gemeen nie,
>> behalwe dat dit van dieselfde oerwoord
>> afkom. Vergelyk die Engelse woord "dame"
>> wat vir ligsinnige vroumense gebruik word
>> en pejoratief is. Maar in Ndl/Afr./Frans
>> is dit "lady."
>
> Au Contraire ! Die engelse woord "dame" is 'n titel, gelykstaande aan 'n
> ridderskap, oftewel die manlike "sir".(Dis moontlik dat ek die rang hier verkeerd
> het, maar dis nie belangrik nie) Drie baie bekende "dames" is Judy Dench, Margot
> Fonteyn en Kiri Te Kanawa.
>
Misschien dat Gloudina Dame Barbara Cartland (schrijfster van
zeven-stuiver-romans en moeder van de stiefmoeder van Lady Di) in gedachten
had? Foei, wat zeg ik nou ?!?!?
Groeten,
Arthur
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17783 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Tue, 22 September 1998 00:00 |
A.A. Hagen
Boodskappe: 155 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
heeft geschreven...
> 'n Heerlike voorbeeld is die woord
> "liggaam". Duits gebruik hier die woord "Körper" van Lat. "corpus". Die
> Germaanse wortel het maar ook oorleef - die duitse woord "Leichnam" beteken "lyk".
>
> Mhd. "lichamen" ==> Nl. "liggaam", D. "Leichnam"
>
> Lat. "corpus" ==> D. "Körper", Engl. "corpse"
>
Past het Nederlandse "lijf" ook ergens in dit verhaal (Duits "Leib")? Het
betekent ongeveer hetzelfde als "lichaam".
> Verbasend, nê? Die middelhoogduitse woord is nog sigbaar in sowel Nederlands,
> Afrikaans en Duits, en terwyl die oorspronklike betekenis in Nederlands en
> Afrikaans oorneem is gebruik die Duitse taal dit slegs vir 'n "dooie liggaam".
> Die latynse wortel "corpus" word in Duits vir "liggaam" aangewend, in Engels
> vir 'n lyk.
>
Zoals je beschrijft is dit inderdaad een interessante warboel. Overigens
vertaalt mijn Latijns-Engels woordenboek het Engelse "corps" als "cadaver"
en het Latijnse "corpus" als "body", "trunk" (lijf of lichaam en romp).
Het woord "kadaver" gebruiken we voor dode dieren, evenals het woord kreng,
waarvan de oorsprong misschien te vinden is in het Latijnse "caro"
(vervoeging "caronis") voor "vlees" (een kreng is "une carogne" in het
Frans). Of jullie in het Duits ook zulke woorden hebben weet ik het niet,
want ik heb geen Nederlands-Duits woordenboek paraat, alleen andersom :-) Ik
zal toch eens moeten spitten op zolder, het moet daar ergens liggen..... 'n
Engels woord voor "kadaver" of "kreng" is "carrion", dat vast ook "caronis"
als oervorm heeft.
Ik hou wel van dit soort wetenswaardigheden (al word ik van al dat gepraat
over dode lichamen 'n beetje depri ;-).
Ik heb het Ostfriesenlied (in het Oost Fries) bijgevoegd, misschien wel
leuk om te zien hoe nauw verwant onze talen wel niet zijn, Thorsten. 'n
Interessante mengelmoes.
Groeten,
Arthur
OSTFRIESENLIED
Enno Hetter (1820-74)
1
In Ostfreesland is't am besten,
over Freesland geit d'r nir.
War sünt wal de Wichter mojer,
war de Jungse wal so fir?
In Ostfreesland mag ick wesen,
anners nargens lever wesen,
over Freesland geit b'r nir.
2
Nargens bleit de Saat so moje,
nargens is de Bur so riek,
nargens sünd de Kojen fetter,
nargens geit de Ploog so liek,
nargens gift so faste Knaken,
weet man leckerder to maken,
Botter, Kees un Karmeltbree.
3
Nä, t'is nargens, nargens bäter,
as war hoch de Dieken stahn,
war up't Eiland an de Dünen
hoog herup de Bulgen slan;
war so lut de Nordsee bullert,
war wie könen up de Dullert
Dreemastschepen fahren sehn.
4
War in d' Wagen Törf un Kienholt
worden haalt van't hoogmoor her,
war de ganze Welt süd lüstig
makt up't Is bi't Eierbeer,
war s'in't Feld mit Klootenscheeten,
war se Bookweitschubbers eten,
Harm up Freesfoten geit.
5
För Ostfreesland, för Ostfreesland
laat ick Bloot un Leven gern,
was'k doch man weer in Ostfreesland,
war so mennig söte Deern!
In de Frömde wünsk ick faken:
Hör'k doch Mooders Breepott koken,
sat'k doch weer in d' Hörn bi't Für.
Als je de vertaling zoekt, dan kun je op Dejanews kijken.
http://www.dejanews.com/home_ps.shtml
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17810 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Wed, 23 September 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Dis natuurlik merkwaardig hoe die aankoms van
> die Normans onder William the Conqueror in
> 1066 die Engelse taal verander het, totdat
> dit nou vir so baie woorde 'n Germaanse en
> Latynse alternatief het (begin/commence.) Dit
> verbaas my dus dat Thorsten verklaar dat
> Engels minder woordeskat het as Afrikaans. Ek
> dink hy bedoel maar net woordeskat wat nodig
> is om die basiese taal aan te leer. En dit
> beteken dat Engelse wat Latyns-gebaseerde
> tale wil aanleer, dit soveel makliker het
> omdat soveel woorde in Engels en Frans byvoor-
> beeld omtrent dieselfde is. Kyk maar deur 'n
> Franse woordeboek en sien hoeveel van die
> woorde jy dadelik herken, omdat die Engelse
> woord ook oorspronklik van Latyn via 1066-
> Frans af kom.
Moenie die Grieks vergeet nie.
Die Engelse historikus en klassikus, Toynbee, het verklaar: "Scientific
English is nothing more than pidgin Greek".
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17811 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Wed, 23 September 1998 00:00 |
Thorsten Müller
Boodskappe: 103 Geregistreer: July 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Arthur Hagen wrote:
>
> Past het Nederlandse "lijf" ook ergens in dit verhaal (Duits "Leib")? Het
> betekent ongeveer hetzelfde als "lichaam".
Ja, in Duits beteken dit ook "liggaam" (bv. "corpus Christi" = "der Leib
Christi"), maar so ver ek weet is dit meer of minder argaïes. Vandag word die
woord "Leib" ook as 'n ander woord vir "torso" gebruik, en jy vind dit in 'n
aantal spreekwoorde ("Leib und Leben", "zu Leibe rücken", "bleib' mir vom Leib").
Ek kon voorstel dat die woord "lyk" (D:"Leiche") met "lichamen" verwant is,
maar waar ek "lyf" ("Leib") moet indeel weet ek nie.
> Het woord "kadaver" gebruiken we voor dode dieren, evenals het woord kreng,
> waarvan de oorsprong misschien te vinden is in het Latijnse "caro"
> (vervoeging "caronis") voor "vlees" (een kreng is "une carogne" in het
> Frans). Of jullie in het Duits ook zulke woorden hebben weet ik het niet,
Die duitse taal gebruik ook die woord "Kadaver" vir dooie diere, soms ook vir
mense, veral as hulle erg ontstel is. Gewoonlik word dan van "menschliche
Kadaver" gepraat.
> want ik heb geen Nederlands-Duits woordenboek paraat, alleen andersom :-) Ik
> zal toch eens moeten spitten op zolder, het moet daar ergens liggen..... 'n
> Engels woord voor "kadaver" of "kreng" is "carrion", dat vast ook "caronis"
> als oervorm heeft.
Klink vir my asof Engels dit van die Franse woord "carogne" oorneem het.
Onthou net dat baie Engelse woorde wat 'n Latynse wortel het van die Normanne
ingevoer was. In die geval van "carrion"/"carogne" verskyn dit heel duidelik.
My Engels-Duitse woordeboek gee net "Aas" en "Kadaver" vir "carrion". "Aas"
word gewoonlik gebruik vir dooie diere wat vir ander diere as kos dien.
> Ik hou wel van dit soort wetenswaardigheden (al word ik van al dat gepraat
> over dode lichamen 'n beetje depri ;-).
Ek hou ook daarvan om Duitse woorde met Nederlands en Afrikaans te vergelyk,
ek dink ons kan op die manier almal nog 'n bietjie oor ons eie moedertale leer.
> Ik heb het Ostfriesenlied (in het Oost Fries) bijgevoegd, misschien wel
> leuk om te zien hoe nauw verwant onze talen wel niet zijn, Thorsten. 'n
> Interessante mengelmoes.
Oeps... ek moet erken ek kan Nederlands en Afrikaans heelwat beter verstaan
as... Frysk? Is dit die korrekte naam van die taal? Interessant!
Groete,
Thorsten
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17836 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Thu, 24 September 1998 00:00 |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Thorsten Müller skryf:
> Die duitse taal gebruik ook die woord "Kadaver" vir dooie diere
Terwyl dit in Afrikaans eerder 'karkas' sal wees vir 'n dooie dier.
'Kadawer' word hoofsaaklik in die konteks gebruik van dooie, behandelde
menslike liggame wat bestudeer word, soos wat mediese studente doen.
Andersins is dit 'n 'lyk' (dood) of 'liggaam'. 'Lyf' is soos wat Anneline
Kriel op 'n tyd gehad het, maar nou het sy ook maar net 'n liggaam!
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17864 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Fri, 25 September 1998 00:00 |
A.A. Hagen
Boodskappe: 155 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Henri Burger heeft geschreven...
> Thorsten Müller skryf:
>
>> Die duitse taal gebruik ook die woord "Kadaver" vir dooie diere
>
> Terwyl dit in Afrikaans eerder 'karkas' sal wees vir 'n dooie dier.
> 'Kadawer' word hoofsaaklik in die konteks gebruik van dooie, behandelde
> menslike liggame wat bestudeer word, soos wat mediese studente doen.
> Andersins is dit 'n 'lyk' (dood) of 'liggaam'. 'Lyf' is soos wat Anneline
> Kriel op 'n tyd gehad het, maar nou het sy ook maar net 'n liggaam!
>
In het Nederlands ligt het verschil tussen "kadaver" en "karkas" meer in het
feit dat aan een karkas geen vlees meer zit.
Groeten,
Arthur
|
|
|
Re: DIT was Gloudina se woode . . [boodskap #17865 is 'n antwoord op boodskap #17686] |
Fri, 25 September 1998 00:00 |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Arthur Hagen skryf:
> In het Nederlands ligt het verschil tussen "kadaver" en "karkas" meer in het
> feit dat aan een karkas geen vlees meer zit.
En in Afrikaans sal dit 'geraamte', of meer verhewe 'skelet' wees.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Mon Dec 23 13:31:38 UTC 2024
|