Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » smokkel
smokkel [boodskap #143710] Sun, 05 November 2023 07:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
smokkel
Afbreking: smok•kel


Werkwoord: smokkel
Verlede tyd: het gesmokkel

Betekenis:
• Om onwettige goedere te vervoer, of goedere oor 'n grens te neem om heffings en ander beperkings te omseil.

Gebruik:
• Hy smokkel met dwelms.

Hiponiem:
• binnesmokkel
• deursmokkel
• insmokkel
• verbysmokkel

Afgelei:
• smokkelaar
• smokkelary
• smokkelbedryf
• smokkelbende
• smokkelend
• smokkelgoed
• smokkelhandel
• smokkelhandelaar
• smokkelhool
• smokkelhuis
• smokkeling
• smokkelary
• smokkelkroeg
• smokkelnes
• smokkelring
• smokkelry
• smokkelskepe
• smokkelskip
• smokkelware
• smokkelwyn

Vertaling:
Engels: to smuggle, transport contraband
Nederlands: smokkelen


Selfstandige naamwoord: smokkel
Meervoud:

Betekenis:
• Die smokkelhandel/ sluikhandel.

Gebruik:
• Die smokkel van renosterhorings moet stopgesit word.

Vertaling:
Engels: smuggling
Nederlands: smokkel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geskenkpapier
Volgende onderwerp: waaragter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 01:05:57 UTC 2024