berading [boodskap #143692] |
Sa, 04 November 2023 07:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
berading
Afbreking: be•ra•ding
Samestelling: be- + raad + -ing
Selfstandige naamwoord: berading
Meervoud: beradinge, beradings
Betekenis:
• Handeling om mense van raad te bedien en deur moeilike omstandighede te kom.
Gebruik:
• Die kinders sal vir berading gestuur word om hulle te help om die tragiese voorval te verwerk.
Sinoniem:
• begeleiding
• beraadslaging
• raadgewing
Hiponiem:
• huweliksberading
• krisisberading
• skuldberading
• traumaberading
Vertaling:
Engels: counseling, discussion
Nederlands: begeleiding, beraden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|