Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » swaarkry
swaarkry [boodskap #143687] Fri, 03 November 2023 18:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
swaarkry
Afbreking: swaar•kry
Samestelling: swaar + kry


Werkwoord: kry swaar, swaarkry
Verlede tyd: het swaargekry

Betekenis:
• Om te sukkel, of deur moeilike omstandighede te gaan.

Gebruik:
• Sy kry baie swaar.

Sinoniem:
• ly
• krepeer
• ontbeer
• sukkel
• swoeg
• verduur

Afgelei:
• swaarkryer

Vertaling:
Engels: to struggle, suffer
Nederlands: lijden, worstelen


Selfstandige naamwoord: swaarkry
Meervoud:

Betekenis:
• Die handeling van sukkel of ly.

Gebruik:
• Ons moet die swaarkry met lekkerkry klaarkry.

Sinoniem:
• beproewing
• ellende
• ongerief
• ontbering
• teistering
• teenspoed

Vertaling:
Engels: suffering, hardship
Nederlands: ontbering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: olyfboom
Volgende onderwerp: stortreën
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 00:52:51 UTC 2024