betaamlik [boodskap #143682] |
Fri, 03 November 2023 09:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
betaamlik
Afbreking: be•taam•lik
Samestelling: betaam + -lik
Byvoeglike naamwoord: betaamlik
Vergrotende trap: betaamliker
Oortreffende trap: betaamlikste
Attributief: betaamlike
Partitief: betaamliks
Betekenis:
• Wat ordentlik en netjies is, soos dit hoort te wees.
Gebruik:
• Werknemers wat met kliënte werk moet darem betaamlik en fatsoenlik geklee wees.
Sinoniem:
• behoorlik
• christelik
• deugsaam
• eerbaar
• gepas
• kuis
• ordentlik
• passend
• skiklik
• waardig
• welvoeglik
Antoniem:
• onbetaamlik
Afgelei:
• betaamlikheid
Vertaling:
Engels: decent, proper, becoming
Nederlands: betamelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|