uitspan [boodskap #143675] |
Tue, 31 October 2023 18:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitspan
Afbreking: uit•span
Samestelling: uit + span
Werkwoord: span uit, uitspan
Verlede tyd: het uitgespan
Betekenis:
• Om trekdiere los te maak; die span uit die tuig te haal.
• (figuurlik) Om êrens te rus of te ontspan.
• Om groter te maak; uit te strek of uit te sprei.
Gebruik:
• Die touleier span die osse uit na die lang dag se reis.
• Ons gaan die naweek by Warmbad uitspan.
• Die skip se seile word uitgespan.
Sinoniem:
• afsaal
• afspan
• aftuig
• kampeer
• losmaak
• ontspan
• rus
• stilhou
Antoniem:
• inspan
Afgelei:
• uitspannery
• uitspanning
• uitspanplek
• uitspansel
Vertaling:
Engels: to outspan, unyoke
Nederlands: uitspannen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|