terugsit [boodskap #143662] |
Tue, 31 October 2023 13:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
terugsit
Afbreking: terug•sit
Samestelling: terug + sit
Werkwoord: sit terug, terugsit
Verlede tyd: het teruggesit
Betekenis:
• Om iets te plaas waar dit vandaan kom.
• Om agtertoe te sit.
• Om slegter te laat.
Gebruik:
• Sit die beskuit terug waar jy dit gekry het.
• Jy kan rustig terugsit, ek maak koffie.
• Die ongeluk het ons finansieel teruggesit.
Sinoniem:
• terugplaas
• teruglê
• terugskuif
Antoniem:
• uithaal
Vertaling:
Engels: to put back; to sit back; to set back
Nederlands: terugzetten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|