sportspan [boodskap #143659] |
Tue, 31 October 2023 12:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sportspan
Afbreking: sport•span
Samestelling: sport + span
Selfstandige naamwoord: sportspan
Meervoud: sportspanne
Verkleinwoord: sportspannetjie
Meervoud van verkleining: sportspannetjies
Betekenis:
• 'n Span wat 'n sport beoefen.
Gebruik:
• Die maatskappy borg verskeie sportspanne en sporttoernooie in Suid-Afrika.
Hiponiem:
• atletiekspan
• hokkiespan
• krieketspan
• netbalspan
• rugbyspan
• sokkerspan
• swemspan
Vertaling:
Engels: sports team
Nederlands: sportploeg, sportteam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|