ongelykheid [boodskap #143657] |
Tue, 31 October 2023 11:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ongelykheid
Afbreking: on•ge•lyk•heid
Samestelling: ongelyk + -heid, on- + gelykheid
Selfstandige naamwoord: ongelykheid
Meervoud: ongelykhede
Betekenis:
• Die toestand van ongelyk/ rof en onegalig wees.
• Die toestand van ongelyk/ verskillend wees.
Gebruik:
• Die ongelykheid van die pad maak die rit vreeslik onaangenaam.
• Sosiale ongelykheid bly 'n groot kopseer vir politici.
Sinoniem:
• grofheid
• hobbelrigheid
• ruheid
• skurfheid
• dispariteit
• diversiteit
• oneffenheid
• onreëlmatigheid
• uiteenlopendheid
Antoniem:
• gelykheid
Afgelei:
• ongelykheidsteken
Vertaling:
Engels: irregularity; inequality, dissimilarity
Nederlands: ongelijkheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|