protesaksie [boodskap #143642] |
Mon, 30 October 2023 15:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
protesaksie
Afbreking: pro•tes•ak•sie
Samestelling: protes + aksie
Selfstandige naamwoord: protesaksie
Meervoud: protesaksies
Betekenis:
• Aksie waartydens protes teen iets aangeteken word. Die openbare uiting van verset.
Gebruik:
• 'n Protesaksie oor loonverhogings het die land vir dae lank lamgelê.
Sinoniem:
• betoging
• demonstrasie
• opmars
• optog
• verset
Vertaling:
Engels: protest action
Nederlands: protestactie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|