verspring [boodskap #143635] |
Mon, 30 October 2023 09:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verspring
Afbreking: ver•spring
Samestelling: ver + spring
Selfstandige naamwoord: verspring
Meervoud: –
Betekenis:
• Velditem in atletiek waar daar vanaf 'n lyn in 'n sandput in gespring word.
Gebruik:
• Wie het die verspring gewen?
Wisselvorm:
• vêrspring
Afgelei:
• verspringafrigter
• verspringer
• verspringput
Vertaling:
Engels: long jump
Nederlands: verspringen
Werkwoord: spring ver, verspring
Verlede tyd: het vergespring
Betekenis:
• Om 'n aansienlike afstand te spring, soos in die sportsoort.
Gebruik:
• Die padda spring nogal ver.
Wisselvorm:
• vêrspring
Vertaling:
Engels: to jump far, do the long jump
Nederlands: verspringen
Werkwoord: versprìng
Verlede tyd: het versprìng
Betekenis:
• Om verkeerd te spring.
Gebruik:
• Die horlosie se veer het verspring.
Afgelei:
• verspringend
• verspringing
Vertaling:
Engels: to jump in a wrong way
Nederlands: verspringen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|