gewigstoot [boodskap #143634] |
Mon, 30 October 2023 09:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gewigstoot
Afbreking: ge•wig•stoot
Samestelling: gewig + stoot
Selfstandige naamwoord: gewigstoot
Meervoud: –
Betekenis:
• Velditem in atletiek waar 'n ysterbal (wat soos 'n kanonkoeël lyk) so ver moontlik gestoot word.
Gebruik:
• In gewigstoot word die metaalbal vanuit 'n sirkel met 'n radius van 2 meter met een hand uit die skouer gestoot.
Afgelei:
• gewigstoter
Vertaling:
Engels: shot put
Nederlands: kogelstoten
Werkwoord: stoot gewig, gewigstoot
Verlede tyd: het gewiggestoot
Betekenis:
• Om 'n swaar gewig rond te stoot (soos in die sportsoort).
Gebruik:
• Toe ek jonger was het ek gewiggestoot.
Vertaling:
Engels: to put the shot
Nederlands: kogelstoten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|