afsit [boodskap #143631] |
Mon, 30 October 2023 07:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afsit
Afbreking: af•sit
Samestelling: af + sit
Werkwoord: sit af, afsit
Verlede tyd: het afgesit
Betekenis:
• Om iets wat aan is af te skakel; afskakel.
• Om te laat begin; wegspring of afskop.
• Om medies te verwyder; amputeer.
• Om uit 'n amp te ontslaan; afdank.
• Om te hinder of van stryk te bring.
Gebruik:
• Sy sit die lig af.
• Die afsitter sal die wedloop met 'n afsitpistool afsit.
• Die soldaat se been is afgesit.
• Die koning is afgesit.
• Ek laat my nie so maklik afsit nie.
Afgelei:
• afsitbaar
• afsitstreep
• afsitter
Vertaling:
Engels: to halt, turn off, switch off; to start, dash off; to remove, amputate; to dismiss, depose; to put down, put off
Nederlands: afzetten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|