onuitspreeklik [boodskap #143617] |
Sun, 29 October 2023 10:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onuitspreeklik
Afbreking: on•uit•spreek•lik
Samestelling: on- + uitspreek + -lik
Byvoeglike naamwoord: onuitspreeklik
Attributief: onuitspreeklike
Betekenis:
• Wat so goed of erg is dat daar nie woorde daarvoor is nie.
• Wat moeilik is om uit te spreek.
Gebruik:
• God se genade is onuitspreeklik groot.
• Die woord is onuitspreeklik (eerder onuitspreekbaar).
Sinoniem:
• mateloos
• onbeskryflik
• onuitspreekbaar
Afgelei:
• onuitspreeklikheid
Vertaling:
Engels: unspeakable, inexpressible
Nederlands: onuitsprekelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|