kunsgreep [boodskap #143605] |
Sat, 28 October 2023 20:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kunsgreep
Afbreking: kuns•greep
Samestelling: kuns + greep
Selfstandige naamwoord: kunsgreep
Meervoud: kunsgrepe
Betekenis:
• 'n Vaardige handeling of listige manier om 'n doel te bereik.
Gebruik:
• Allerlei kunsgrepe word ingespan om die Bybel te maak sê wat hy kennelik nie sê nie.
Sinoniem:
• behendigheid
• foefie
• maneuver
• streek
• truuk
• vaardigheid
Vertaling:
Engels: ploy, trick
Nederlands: kunstgreep
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|