brandweerwa [boodskap #143581] |
Do, 26 Oktober 2023 13:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20776 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
brandweerwa
Afbreking: brand•weer•wa
Samestelling: brandweer + wa
Selfstandige naamwoord: brandweerwa
Meervoud: brandweerwaens
Betekenis:
• Voertuig met water en 'n brandslang waarmee vure geblus word.
Gebruik:
• Toe die brandweerwa daar opdaag, was dit te laat en het die gebou reeds tot op die grond afgebrand.
Vertaling:
Engels: fire engine, fire truck
Nederlands: brandweerwagen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|