landing [boodskap #143547] |
Fri, 20 October 2023 13:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
landing
Afbreking: lan•ding
Samestelling: land + -ing
Selfstandige naamwoord: landing
Meervoud: landinge, landings
Betekenis:
• Die handeling van land; uit die lug op die grond neerdaal, of vanuit water aan wal kom.
Gebruik:
• Die vliegtuig se landing is met 2 ure vertraag.
Sinoniem:
• afdaling
• neerstryk
Hiponiem:
• aanlanding
• buiklanding
• instrumentlanding
• misweerlanding
• naglanding
• noodlanding
• tussenlanding
• vallanding
Afgelei:
• landingsbaan
• landingsblad
• landingsbrug
• landingsdek
• landingsgelde
• landingshoek
• landingsmeganisme
• landingsplek
• landingsone
• landingsterrein
• landingstoestel
• landingstroepe
• landingstrook
• landingstuig
• landingsvaartuig
• landingsveld
• landingswieg
Vertaling:
Engels: landing, descent
Nederlands: landing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|