dryfsand [boodskap #143540] |
Fri, 20 October 2023 08:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dryfsand
Afbreking: dryf•sand
Samestelling: dryf + sand
Selfstandige naamwoord: dryfsand
Meervoud: dryfsande
Betekenis:
• Sand wat met water versadig is en solied lyk, maar waarin alles wat daarop druk in wegsak.
Gebruik:
• Die verraderlike dryfsand in die Silwermynrivier se mond het al tot lewensverlies gelei.
Sinoniem:
• loopsand
• spoelsand
• vlugsand
• welsand
• wilsand
Vertaling:
Engels: quicksand, drift sand
Nederlands: drijfzand
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|