Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stilstand
stilstand [boodskap #143531] Wed, 18 October 2023 17:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
stilstand
Afbreking: stil•stand
Samestelling: stil + stand


Selfstandige naamwoord: stilstand
Meervoud: stilstande

Betekenis:
• 'n Toestand waarin iets nie beweeg nie.
• Die staking van bedrywighede, of 'n gebrek aan vordering.

Gebruik:
• Die motor het reg voor die afgrond tot stilstand gekom. Die pad is versper en die verkeer is tot stilstand gedwing.
• Ná 'n kort stilstand is die onderhandelinge hervat.

Sinoniem:
• bewegingloosheid
• onaktiwiteit
• onderbreking
• rus
• stagnasie
• staking
• stase
• stilte
• verposing

Antoniem:
• beweging

Hiponiem:
• hartstilstand
• loonstilstand
• skietstilstand
• somersonstilstand
• sonnestilstand
• sonstilstand
• wapenstilstand
• wintersonstilstand

Afgelei:
• botstilstand

Vertaling:
Engels: standstill, stoppage, cessation, stagnancy
Nederlands: stilstand

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vieslik
Volgende onderwerp: nalatigheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 12:59:28 UTC 2024