kollig [boodskap #143518] |
Mon, 16 October 2023 11:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kollig
Afbreking: kol•lig
Samestelling: kol + lig
Selfstandige naamwoord: kollig
Meervoud: kolligte
Verkleinwoord: kolliggie
Meervoud van verkleining: kolliggies
Betekenis:
• 'n Skerp lig om iets/iemand duidelik te kan sien (soos op 'n verhoog).
• (figuurlik) Die middelpunt van aandag.
Gebruik:
• Die kollig val op die aktrise.
• Die wydverspreide korrupsie is weer in die kollig.
Sinoniem:
• kalklig
Vertaling:
Engels: spotlight, limelight
Nederlands: schijnwerper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|