welvarend [boodskap #143506] |
Sun, 15 October 2023 18:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
welvarend
Afbreking: wel•va•rend
Byvoeglike naamwoord: welvarend
Vergrotende trap: welvarender
Oortreffende trap: welvarendste
Attributief: welvarende
Partitief: welvarends
Betekenis:
• Wat oor baie geld en ander middele beskik.
Gebruik:
• Handelaars het welvarend geword en 'n groot middelklas het ontstaan, wat tot 'n hoër lewenstandaard gelei het.
Sinoniem:
• bemiddeld
• bloeiend
• gegoed
• florerend
• ryk
• skatryk
• vermoënd
• voorspoedig
• welaf
• welgesteld
Antoniem:
• onwelvarend
Afgelei:
• welvarendheid
Vertaling:
Engels: prosperous, thriving, affluent
Nederlands: welvarend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|