opswel [boodskap #143497] |
Sun, 15 October 2023 09:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opswel
Afbreking: op•swel
Samestelling: op + swel
Werkwoord: opswel, swel op
Verlede tyd: het opgeswel
Betekenis:
• Om deur te swel groter of dikker te word.
Gebruik:
• Ná die bysteek het die kind se gesig begin opswel.
Sinoniem:
• opblaas
• uitdy
• uitbult
• uitsit
• uitswel
• verdik
Afgelei:
• opswelling
Vertaling:
Engels: to swell, bulge
Nederlands: opzwellen
Selfstandige naamwoord: opswel
Meervoud: –
Betekenis:
• Die handeling van groter of dikker swel.
Gebruik:
• Pampoentjies word aan die opswel van die speekselkliere gekenmerk.
Vertaling:
Engels: swelling, bulging
Nederlands: zwelling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|