aanbidding [boodskap #143486] |
Sat, 14 October 2023 20:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanbidding
Afbreking: aan•bid•ding
Samestelling: aanbid + -ing
Selfstandige naamwoord: aanbidding
Meervoud: –
Betekenis:
• Die verering of eervolle bewondering van 'n godheid.
Gebruik:
• Kom ons gaan sy woning binne, kom ons buig daar in aanbidding voor Hom. [Psalms 132:7]
Sinoniem:
• adorasie
• bewondering
• eerbetoning
• eerbiediging
• hoogagting
• huldiging
• lofprysing
• neerbuiging
• verering
Hiponiem:
• beeldaanbidding
• geldaanbidding
• keiseraanbidding
• maria-aanbidding
• martelaarsaanbidding
• natuuraanbidding
• satanaanbidding
• slangaanbidding
• sonaanbidding
• sterreaanbidding
• stofaanbidding
• vuuraanbidding
Vertaling:
Engels: worship, adoration
Nederlands: aanbidding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|