indring [boodskap #143477] |
Thu, 12 October 2023 15:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
indring
Afbreking: in•dring
Samestelling: in + dring
Werkwoord: indring, dring in
Verlede tyd: het ingedring
Betekenis:
• Om na die binnekant te dring.
• Om ongenooid/onbeskaamd toegang te verkry.
Gebruik:
• Die boom se wortels dring diep in die aarde in.
• Ek weet dat daar ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal indring. [Handelinge 20:29]
Sinoniem:
• binnedring
• deurbreek
• deurdring
• infiltreer
• penetreer
Afgelei:
• indringbaar
• indringend
• indringer
• indringery
• indringing
Vertaling:
Engels: to break into, penetrate into; to intrude
Nederlands: indringen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|