Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toevoer
toevoer [boodskap #143467] Thu, 12 October 2023 08:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
toevoer
Afbreking: toe•voer
Samestelling: toe + voer


Selfstandige naamwoord: toevoer
Meervoud: toevoere

Betekenis:
• Die pad waarlangs iets 'n bepaalde plek bereik.
• Dit wat so toegevoeg word.

Gebruik:
• Die toevoer van water is weens wanbetaling afgesny.
• Die toevoer is nie groot genoeg om aan die behoefte te voldoen nie.

Sinoniem:
• invoer
• lewering
• verskaffing
• voeding
• voorsiening

Antoniem:
• afvoer

Hiponiem:
• arbeidstoevoer
• bloedtoevoer
• elektrisiteitstoevoer
• gastoevoer
• hooftoevoer
• lugtoevoer
• olietoevoer
• petroltoevoer
• suurstoftoevoer
• valtoevoer
• watertoevoer

Afgelei:
• toevoerapparaat
• toevoerbaan
• toevoerbron
• toevoerdruk
• toevoerbuis
• toevoerend
• toevoergebied
• toevoergeut
• toevoerkabel
• toevoerkanaal
• toevoerklep
• toevoerkraan
• toevoerleiding
• toevoerlinie
• toevoerlyn
• toevoerpad
• toevoerpomp
• toevoerpyp
• toevoerstroom
• toevoertoestel
• toevoertregter
• toevoervat

Vertaling:
Engels: supply, input
Nederlands: toevoer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bronsbeeld
Volgende onderwerp: spaarsaam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 13:45:58 UTC 2024