| kragtens [boodskap #143446] |
Ma., 09 Oktober 2023 15:30 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24159 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kragtens
Afbreking: krag•tens
Voorsetsel: kragtens
Betekenis:
• Volgens die reëls van; op gesag van; uit die krag van.
Gebruik:
• Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is kragtens die Reserwebankwet van 1944 gestig.
Sinoniem:
• ingevolge
• luidens
• ooreenkomstig
• regtens
• volgens
Afgelei:
• waarkragtens
Vertaling:
Engels: by virtue of, on the strength of
Nederlands: krachtens
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|