stedeling [boodskap #143439] |
Mon, 09 October 2023 12:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stedeling
Afbreking: ste•de•ling
Selfstandige naamwoord: stedeling
Meervoud: stedelinge
Verkleinwoord: stedelinkie
Meervoud van verkleining: stedelinkies
Betekenis:
• Iemand wat in 'n stad (of 'n groot dorp) bly.
Gebruik:
• Meer as 70% van Afrika se inwoners is stedelinge.
Sinoniem:
• stadsmens
• stadsbewoner
Antoniem:
• dorpeling
• plaasjapie
• plattelander
Hiponiem:
• hoofstedeling
• randstedeling
Vertaling:
Engels: urbanite, urban dweller, city dweller
Nederlands: stedeling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|