onverwyld [boodskap #143437] |
Sun, 08 October 2023 19:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onverwyld
Afbreking: on•ver•wyld
Samestelling: on- + verwyl + -d
Byvoeglike naamwoord: onverwyld
Attributief: onverwylde
Betekenis:
• Dadelik, sonder om tyd te verwyl.
Gebruik:
• Haas jou onverwyld na ons webtuiste vir meer inligting.
Sinoniem:
• dadelik
• dringend
• gou-gou
• onmiddellik
• oombliklik
• spoedig
• summier
• terstond
Vertaling:
Engels: immediately, at once, without delay, forthwith
Nederlands: onverwijld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|