Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » monitor
monitor [boodskap #143412] Sa, 07 Oktober 2023 10:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
monitor
Afbreking: mo•ni•tor


Werkwoord: monitor
Verlede tyd: het gemonitor

Betekenis:
• Om noukeurig dop te hou; toesig hou; kontrole uitoefen.

Gebruik:
• Die polisie monitor die situasie.

Sinoniem:
• dophou
• inluister
• meeluister
• toesighou

Vertaling:
Engels: to monitor
Nederlands: monitoren


Selfstandige naamwoord: monitor
Meervoud: monitors
Verkleinwoord: monitortjie
Meervoud van verkleining: monitortjies

Betekenis:
• 'n Skerm waarop beelde elektronies vertoon word; rekenaarskerm, beeldskerm, vertoonskerm.
• 'n Raadgewer of iemand wat kontrole uitoefen; toesighouer.
• 'n Klein oorlogskip vir kusverdediging.

Gebruik:
• Ek wil 'n groter monitor vir my rekenaar koop.
• Die Verenigde Nasies het 'n monitor is aangestel om die verkiesing dop te hou.
• Talle nuwe monitors is gedurende die oorlog gebou om die kuslyn te beskerm.

Hiponiem:
• rekenaarmonitor
• televisiemonitor

Vertaling:
Engels: monitor
Nederlands: monitor

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oproep
Volgende onderwerp: onbeperk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 04:37:46 MGT 2024