Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oproep
oproep [boodskap #143411] Sa, 07 Oktober 2023 09:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oproep
Afbreking: op•roep
Samestelling: op + roep


Selfstandige naamwoord: oproep
Meervoud: oproepe
Verkleinwoord: oproepie
Meervoud van verkleining: oproepies

Betekenis:
• Die handeling van bel; om kontak per telefoon te maak.
• 'n Versoek om hulp.

Gebruik:
• Ek het 'n oproep van my ma ontvang.
• Die oproep het op dowe ore geval.

Hiponiem:
• hooflynoproep
• nagoproep
• noodoproep
• telefoonoproep
• terugoproep

Vertaling:
Engels: call
Nederlands: oproep


Werkwoord: roep op, oproep
Verlede tyd: het opgeroep

Betekenis:
• Om tot aksie te roep, of iemand las om êrens teenwoordig te wees.

Gebruik:
• Die weermag roep die weerbare manne op vir militêre diens.

Afgelei:
• oproeping

Vertaling:
Engels: to call up, summon
Nederlands: oproep

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nederiges
Volgende onderwerp: monitor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 04:35:03 MGT 2024