wêrelds [boodskap #143406] |
Sat, 07 October 2023 07:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wêrelds
Afbreking: wê•relds
Samestelling: wêreld + -s
Byvoeglike naamwoord: wêrelds
Attributief: wêreldse
Betekenis:
• Van of betreffende die wêreld (dikwels in teenstelling met die geestelike).
Gebruik:
• Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. [1 Johannes 2:16]
Sinoniem:
• aards
• ondermaans
• ongodsdienstig
• sekulêr
• stoflik
• tydelik
• verganklik
• wêreldlik
Afgelei:
• voorwêrelds
Vertaling:
Engels: worldly
Nederlands: werelds
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|