toenemend [boodskap #143402] |
Fri, 06 October 2023 18:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toenemend
Afbreking: toe•ne•mend
Samestelling: toeneem + -end
Byvoeglike naamwoord: toenemend
Attributief: toenemende
Betekenis:
• Wat in omvang of getal groter word.
Gebruik:
• Fabrieke word toenemend gemeganiseer om arbeidskostes te verlaag.
Sinoniem:
• klimmend
• kumulatief
• oplopend
• progressief
• stygend
Antoniem:
• afnemend
Vertaling:
Engels: increasing, accumulative
Nederlands: toenemend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van toeneem.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|