vertolk [boodskap #143378] |
Do, 05 Oktober 2023 10:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20780 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vertolk
Afbreking: ver•tolk
Samestelling: ver- + tolk
Werkwoord: vertolk
Verlede tyd: het vertolk
Betekenis:
• Om iets op 'n bepaalde wyse te interpreteer.
• Om 'n rol aan te pas en te speel.
• Om in gebaretaal om te sit.
Gebruik:
• Die koerantopskrif is sensasioneel en kan maklik verkeerd vertolk word.
• Die akteur het die toneelstuk uitmuntend vertolk.
• Die toespraak is ook in gebaretaal vertolk.
Sinoniem:
• herformuleer
• interpreteer
• oorbring
• oorsit
• parafraseer
• vertaal
• verwoord
• weergee
Afgelei:
• vertolkbaar
• vertolker
• vertolking
Vertaling:
Engels: to interpret; to express, play, act out; to translate
Nederlands: vertolken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|