Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » heersend
heersend [boodskap #143371] Wo, 04 Oktober 2023 16:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20780
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
heersend
Afbreking: heer•send
Samestelling: heers + -end


Byvoeglike naamwoord: heersend
Attributief: heersende

Betekenis:
• Wat regeer; die baas is.
• (figuurlik) Wat algemeen voorkom; tipies is.

Gebruik:
• Konstantyn se oë is uitgesteek waarna sy ma as die eerste heersende keiserin gekroon is.
• Teen die heersende pryse het die produk vir die meeste mense onbekostigbaar geword.

Sinoniem:
• gangbaar
• konvensioneel
• toonaangewend

Afgelei:
• oorheersend

Vertaling:
Engels: ruling, reigning; prevailing, dominant
Nederlands: heersend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van heers.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: winkelrak
Volgende onderwerp: verskaffing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 23 15:27:37 MGT 2024