verkondig [boodskap #143361] |
Di, 03 Oktober 2023 10:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20780 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verkondig
Afbreking: ver•kon•dig
Samestelling: ver- + kondig
Werkwoord: verkondig
Verlede tyd: het verkondig
Betekenis:
• Om in die openbaar bekend te maak.
Gebruik:
• Maar jy moet verkondig wat in ooreenstemming is met die gesonde leer. [Titus 2:!]
Spreekwoord:
• Iets van die dakke af verkondig. [Iets orals vertel.]
Sinoniem:
• aankondig
• evangeliseer
• fulmineer
• meedeel
• predik
• promulgeer
• propageer
• publiseer
• uitbasuin
• uitblaker
• uitblêr
• uitroep
• uitsaai
• uitskreeu
• verklaar
Afgelei:
• verkondigde
• verkondiger
• verkondiging
Vertaling:
Engels: to announce, proclaim, preach, advocate
Nederlands: verkondigen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|