geboortesertifikaat [boodskap #143360] |
Di, 03 Oktober 2023 09:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20780 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geboortesertifikaat
Afbreking: ge•boor•te•ser•ti•fi•kaat
Samestelling: geboorte + sertifikaat
Selfstandige naamwoord: geboortesertifikaat
Meervoud: geboortesertifikate
Betekenis:
• Amptelike verklaring van 'n geboorte waarin die kind se naam, geslag, ouers, asook die datum en plek van die geboorte aangeteken is.
Gebruik:
• 'n Onverkorte geboortesertifikaat word benodig wanneer jy met 'n kind na die buiteland wil reis.
Antoniem:
• doodsertifikaat
Vertaling:
Engels: birth certificate
Nederlands: geboorteakte, geboortebewijs, geboortecertificaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|