fasiliteit [boodskap #143355] |
Di, 03 Oktober 2023 07:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20780 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
fasiliteit
Afbreking: fa•si•li•teit
Selfstandige naamwoord: fasiliteit
Meervoud: fasiliteite
Verkleinwoord: fasiliteitjie
Meervoud van verkleining: fasiliteitjies
Betekenis:
• 'n Gerief of diens waarvan 'n mens gebruik kan maak.
Gebruik:
• 'n Kliniek is 'n fasiliteit wat primêre gesondheidsorg aan buitepasiënte lewer.
• Sommige bankrekenings het 'n oortrokke fasiliteit.
Sinoniem:
• diens
• gemaklikheid
• gerieflikheid
• hulpmiddel
• inskiklikheid
• voorsiening
Afgelei:
• aftrekorderfasiliteit
• geldoordragfasiliteit
• rugsteunfasiliteit
• uitvoerfasiliteit
Vertaling:
Engels: facility
Nederlands: faciliteit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|