Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » suggestie
suggestie [boodskap #143353] Ma, 02 Oktober 2023 19:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
suggestie
Afbreking: sug•ges•tie


Selfstandige naamwoord: suggestie
Meervoud: suggesties
Verkleinwoord: suggestietjie
Meervoud van verkleining: suggestietjies

Betekenis:
• 'n Subtiele voorstel. Idee of denkbeeld wat by implikasie aan iemand oorgedra word.

Gebruik:
• 'n Suggestie van dinge wat nie in direkte woorde weergegee word nie, dra soms meer gewig as 'n uitgebreide beskrywing

Sinoniem:
• idee
• insinuasie
• skimp
• voorstel
• wenk

Afgelei:
• outosuggestie
• selfsuggestie

Verwant:
• suggereer
• suggestief

Vertaling:
Engels: suggestion
Nederlands: suggestie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ongelyk
Volgende onderwerp: stabiliseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 08:13:59 MGT 2024